Die Afrikaanse Klub Australië
BIED AAN:

Ons nooi almal van heinde en verre om via hierdie webwerf met mekaar te kommunikeer - of dit nou is om saam te lag of 'n traan te stort, jou besigheid te adverteer, inligting deur te gee of sommer net jou sê te sê.
Dit maak ook nie saak in watter taal jy gesels nie - ons ore is mos gewoond aan baie dialekte! Dus heet ons jou graag welkom by hierdie webwerf en hoop dat jy die ontdekkingsreis sal geniet.
Kom luister saam na nuusgebeure van Suid-Afrika en Australië, lekker Afrikaanse musiekvideo's, ag en sommer allerhande snaakse dinge.
Ons het ook lekker ou Suid-Afrikaanse resepte wat ons met julle wil deel. Gaan kyk gerus van hulle is nogals snaaks geskryf en dateer uit 'n ou tyd.
Kom sê jou sê op ons blad en kry dit van jou hart af As jy 'n onderwerp wil opsit vir bespreking, stuur dit vir ons by "Kontak ons" en ons sal dit vir jou plaas. Ons sien uit daarna om bydraes van oral te ontvang wat op die webwerf gepubliseer kan word. Laat gou van jou hoor!
Die Webwerf groei soos ons aangaan en het nie altyd die regte spelling nie maar ons maak dit reg soos ons aangaan. Die Engelse gedeelte is daar, maar is beperk.
Ons hoop elke keer as julle terugkom en by ons op die webwerf kom kuier dat julle 'n nuwe en 'n verbeterde webwerf sal kry. As daar enige iets is wat julle will verbeter laat ons weet en ons kyk daarna.
|