DAMESKRING

 
Laas jaar (2015) het ons weer begin om  damesfunksies te reël.
Die eerste een was ‘n Dames Kersfees "High Tea" by GardenWay Home and Garden Restaurant
in Darra aan die weste kant van Brisbane.
 
Ons moes ongelukkig dames wegwys aangesien ons net vir 40 plek bespreek het.
Die geleentheid was baie populêr en ons is versoek om nog damesfunksies die jaar te hou.
 
Ons beplan om nog een of twee byeenkomste te organiseer vir 2016, onder andere ‘n "arts & crafts" dag,
‘n daguitstappie en of ‘n ma en dogter naweek.
 
Ons sal jul in kennis stel van toekomstige verrigtinge in ons Nuusbrief en op die AKA se Facebookblad.