KAKIEBOS
12 tot 16 jariges

 
 ‘n Klompie tieners het net voor Noosa 2014 besluit om ook aan die potjiekoskompetisie deel te neem. Inderhaas is ‘n blitsvergadering gereël deur Charel Bloem en vriende.
 
Die stigterslede was Charel Bloem, Denicke en Alona Zietsman(niggies), Aaron en Etiaan Goosen(broers) en Retha .
Hul moes vinnig op ‘n naam besluit en spankleure kies.
Om spangees te bou het hul ook besluit om  T-hemde te ontwerp met hul eie slagspreuke.
Hul het op die naam Kakiebos besluit……Waarom? Net omdat dit anders is en klink …….
 
Hul het ook ‘n potjiekosresep gekry, met Denicke se Pa, Rodney se hulp en bystand…….
als het so goed gegaan met die eerste potjiekos probeerslag dat hul toe daai jaar sommer die jeug potjiekoskompetisie gewen het. Van toe af neem hul met geesdrif deel aan die boeresport  en potjiekoskompetisies by Noosa.
 
 
Hierdie groep tieners kuier gereeld saam en reel ‘fun’ aktiwiteite vir die groep soos ten pin bowling, Theme Park outings ens.
 
As jul by die groep wil inskakel en nuwe maats  maak ….of net uithang………
 
Vir meer besonderhede rakende die "awesome" groep tieners kontak:

 kontak Marco:    info@afrikaans.org.au