ROEKELOOS 

 
22 tot 39
of so oud soos jou kinders jou laat voel ...


Die klomp het die kompetisie geesdrif onder almal aan die brand gesteek by Noosa
deur vir  Volk-en-Trots uit te daag vir die potjiekoskompetisie by Noosa 2007.  
Hulle het die afgelope 2 jaar die potjiekoskompetisie gewen met hul unieke resepte,
soos brandewyn en biltongpot en "opdress" vir die okkasie.
Hierdie jaar was hul aangetrek soos ‘n klomp Meksikaners.
 
Hul was ook verantwoordelik vir die reël van die eerste boeresportdag
wat ‘n reuse sukses was en van toe af ‘n instelling by Noosa geword het.
Hulle het laas jaar die reël van die boeresport oorgedra aan Volk-en-Trots in ‘n
baie goed georganiseerde oorhandigingseremonie.
 
Die Roux boeties, Francois, Jacques en Etienne, moes ‘n potjie maak en het besluit
om hul van as deel van die spannaam te gebruik: Rouxkeloos, wat toe Roekeloos geword het.
Hul het omtrent uitgehang vir die geleentheid, met spankleure en ‘n "entry song"….
die Leeuloop.
Die oorspronklinke span het bestaan uit
die 3 Roux boeties, Marida Wepner, Datie Nel, Sonica van Zyl, Billy Beer, Estelle Watson en Zilé Eloff.
 
Die groep bestaan nou uit 29 lede waarvan sekeres al met mekaar getroud is,
soos Marida en Francois Roux, en Zilé en Etienne Roux. Getroudes met kleuters en babas, jong getroudes en ongetroudes maak ook ‘n groot deel uit van die groep.  
 
As jy nuut is in Brisbane en omgewing, graag nuwe vriende wil maak,
en net lekker saam wil kuier oor braaivleis, bier en brannewyn dan kontak gerus vir:
 
Billy Beer of Estelle by:    info@afrikaans.org.au