VOLK-EN-TROTS
21 tot laat twintigs
 
Die groep jongmense kuier ‘n hond uit ‘n bos uit…….
of miskien kom die bos uit hul uit as hul te lank kuier…………..
wie weet…….
hul kom mos uit Afrika
 
Die span het ook sy ontstaan by Noosa gehad, maar al in 2007.
Weereens was die potjiekoskompetisie die skuldige in die saak……..
Hul moes meeding met ROEKELOOS (30+ groep) wat omtrent uitgehang het
vir die geleentheid met spankleure en  ‘n "entry song", Leeuloop.
 
’n Groep  vriende (Ivet Geldenhuys, Henk Strijdom, Tammy Coetzee,
Marizaan en Ben Prinsloo (broer en suster), Wouter en Niel Joubert (broers),
Carl Thom, Wilhelm Wepner, Zander Rautenbach, Charmaine en
Samantha de Wet (susters), Petro Grobler,Tristan Botha, Ivan de Wet,
Marius van der Merwe, Bernie Peusschers en Devon Blignaut) het ‘n dinkskrum
gehad die Saterdag oggend voor die potjiekoskompetisie en toe sommer daar
en dan besluit op die naam…….
Volk-en-Trots…..
want dit rol so lekker van die tong af………..
geen verdere verduideliking nodig nie….
en spankleure; die oranje , blanje, blou ……….
kleure van die ou SA vlag, wat een van die span  daar gehad het.
 
Hul het die HAKA geleer by Tristan Botha wat toe net vars uit NZ hier aangekom het,
  en besluit om Roekeloos daarmee te probeer intimideer……..
Hul het  omtrent "perform" en  so ‘n "show" opgesit dat selfs
die All Blacks ‘n ding of twee by hul kon leer. Hul het toe natuurlik
die beker gewen vir die beste spangees.
 
As jy graag by die groep wil aansluit, kontak:
 
Marius  of Monique by:    info@afrikaans.org.au