WILDER AS DIE WILDTUIN
17 tot 21 en klaar met skool

 
ONS IS WILD EN JONK

Die groep bestaan uit jongmense van 17 tot 21 jaar oud wat klaar is met skool. 
Charel Bloem , Tiaan Ebersohn, Natanya, Anton en Annelie het die groep gestig en ook op die naam besluit…..
Hulle het ook hul eie hemde ontwerp met die toepaslike slagspreuk: ONS IS WILD EN JONK.
 
Hulle het die jaar(2016) vir die eerste keer as span deelgeneem aan die boeresport en potjiekoskompetisie by Noosa en dus gesorg vir groot pret met hul geesdriftige deelname aan al die boeresport aktiwitiete veral met hul kwaai mededinging teen  Volk-en-Trots en Roekeloos in die toutrek, kruiwastoot en die 'slip-n-slide'.
 
Die klomp kom ook gereeld by mekaar om net uit te hang en jonk wees; hul sorgvryheid te geniet in ons nuwe Vaderland wat ons jeug soveel geleenthede bied ten opsigte van werk, studies en die uitleef van hul eie taal en kultuur.
 
Volg hulle aktiwiteite op Facebook – JONGMENSE, WIDER-AS-DIE-WILDTUIN
of
Kontak Charel: info@afrikaans.org.au