Afrikaanse Klub Australië Inc.
  • Tuisblad
  • Ons Visie en Missie
  • Klub geskiedenis
  • Ons verskeie groepe
  • Lidmaatskap
  • Verskaffers
  • Fotos
  • Kalender
  • Nuus brokkies
  • Kontak
Afrikaanse Klub Australië Inc.
  • Tuisblad
  • Ons Visie en Missie
  • Klub geskiedenis
  • Ons verskeie groepe
  • Lidmaatskap
  • Verskaffers
  • Fotos
  • Kalender
  • Nuus brokkies
  • Kontak

Welkom

 Die Visie van die Afrikaanse Klub Australië streef onder andere daarna om geleenthede aan te bied vir alle ouderdomsgroepe, met n fokus op familiepret, die skep van unieke herinneringe , asook positiewe en opwindende emosies wat mense saamsnoer.    As jy nuut is in Brisbane en omgewing, graag nuwe vriende wil maak, en net lekker saam wil kuier oor braaivleis, bier en brannewyn dan kontak ons gerus. 

Kontak ons

Ons groepe

VOLK-EN-TROTS

WILDER AS DIE WILDTUIN

WILDER AS DIE WILDTUIN

  21 tot laat twintigs
 

Die groep jongmense kuier ‘n hond uit ‘n bos uit… of miskien kom die bos uit hul uit as hul te lank kuier…… wie weet…….
hul kom mos uit Afrika!!


Volk-en-Trots…..
want dit rol so lekker van die tong af……
geen verdere verduideliking nodig nie….
en spankleure; die oranje , blanje, blou -
kleure van die ou SA vlag.

 

WILDER AS DIE WILDTUIN

WILDER AS DIE WILDTUIN

WILDER AS DIE WILDTUIN

17 tot 21 en klaar met skool


ONS IS WILD EN JONK

 Die groep bestaan uit jongmense van 17 tot 21 jaar oud wat klaar is met skool.
Charel Bloem , Tiaan Ebersohn, Natanya, Anton en Annelie het die groep gestig en ook op die naam besluit…..
Hulle het ook hul eie hemde ontwerp met die toepaslike slagspreuk: 

ONS IS WILD EN JONK.
 

Die klomp kom gereeld by mekaar om net uit te hang en jonk te wees; hul sorgvryheid te geniet in ons nuwe Vaderland wat ons jeug soveel geleenthede bied ten opsigte van werk, studies en die uitleef van hul eie taal en kultuur.
 

Volg hulle aktiwiteite op Facebook – JONGMENSE, WILDER-AS-DIE-WILDTUIN

 

ROEKELOOS

WILDER AS DIE WILDTUIN

ROEKELOOS

  22 tot 39

of so oud soos jou kinders jou laat voel...
 

Die klomp het die kompetisie geesdrif onder almal aan die brand gesteek by Noosa
deur vir  Volk-en-Trots uit te daag vir die potjiekoskompetisie by Noosa 2007.  
Hulle het die afgelope paar jaar die potjiekoskompetisie gewen met hul unieke resepte, soos brandewyn en biltongpot en "opdress" vir die okkasie.
 

Die groep bestaan uit lede waarvan sekeres al met mekaar getroud is, soos Marida en Francois Roux, en Zilé en Etienne Roux. Getroudes met kleuters en babas, jong getroudes en ongetroudes maak ook ‘n groot deel uit van die groep.   
 

KAKIEBOS

50 Plus en Senior Burgers

ROEKELOOS

   12 tot 16 jariges
 

‘n Klompie tieners het net voor Noosa 2014 besluit om ook aan die potjiekoskompetisie deel te neem. Inderhaas is ‘n blitsvergadering gereël deur Charel Bloem en vriende.


Die stigterslede was Charel Bloem, Denicke en Alona Zietsman(niggies), Aaron en Etiaan Goosen(broers) en Retha .
Hul moes vinnig op ‘n naam besluit en spankleure kies. Om spangees te bou het hul ook besluit om  T-hemde te ontwerp met hul eie slagspreuke.


Hul het op die naam Kakiebos besluit……Waarom? Net omdat dit anders is en klink. 

DAMESKRING

50 Plus en Senior Burgers

50 Plus en Senior Burgers

Ons gaan binnekort weer begin om  damesfunksies te reël.
Die eerste een vroeër jare was ‘n Dames Kersfees "High Tea" by GardenWay Home and Garden Restaurant in Darra aan die weste kant van Brisbane. Ons moes ongelukkig dames wegwys aangesien ons net vir 40 plek bespreek het.
Die geleentheid was baie populêr en ons is versoek om nog damesfunksies te hou.
 

Ons beplan om jaarliks een of twee byeenkomste te organiseer, onder andere ‘n "arts & crafts" dag, ‘n daguitstappie en/of ‘n ma en dogter naweek.
 

Ons sal jul in kennis stel van toekomstige verrigtinge in ons Nuusbrief en op die AKA se Facebookblad.

50 Plus en Senior Burgers

50 Plus en Senior Burgers

50 Plus en Senior Burgers

Jy kan aansluit by die groep om net lekker saam te kuier in ons moedertaal, te lag vir ons snaakse sêgoed en  mekaar te onderteun in ons lief en leed.
 

Of jy nou getroud of enkellopend is, makie sakie , kom sluit by ons aan as jy nuut is in "BrisVegas" en omgewing en graag nuwe mense wil ontmoet.
 

Hou ons Nuusbrief en Facebookblad dop vir toekomstige byeenkomste.

 

Ons voorneme is om  ‘n sentrale databasis daar te stel van alle lede,
en dan deur die nuwe streekskomitees wat gestig gaan word, die seniors in n
spesifieke streek saam te bring deur die reël van  uitstappies, beoefening van
stokperdjies, saam braai geleenthede en emosionele ondersteuning vir mekaar.

 

Copyright © 2022 Afrikaanse Klub Australië Inc. - All Rights Reserved.


Powered by GoDaddy Website Builder

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept